
INGEVOLGE
BEPALINGE VAN AFDELING 11 VAN WET 25 OP
ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIES EN TRANSAKSIES (“DIE EKT-WET”) VAN 2002 IS HIERDIE
BEPALINGE EN VOORWAARDES BINDEND EN REGSKRAGTIG VIR ALLE PERSONE WAT TOT DIE
MEDIA24 ARGIEF-WEBTUISTE OF ENIGE DEEL DAARVAN
TOEGANG VERKRY EN/OF GEBRUIK.
‘N
AFSKRIF VAN DIE EKT-WET KAN AFGELAAI WORD BY: http://www.polity.org.za/pdf/ElectronicCommunications.pdf
INDIEN
JY NIE MET HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES SAAMSTEM NIE, MOET JY ASSEBLIEF NOU
DIE MEDIA24 ARGIEF-WEBWERF VERLAAT
AANGESIEN VERDERE GEBRUIK JOU OUTOMATIES AAN HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES
BIND.
DEFINISIES EN INTERPRETASIE
a)
“Media24
Argief-webtuiste” beteken die
Media24 Argief-webtuiste by http://152.111.1.251/index.html
en sluit enige deel of element daarvan in;
b)
“Media24”
beteken Media24 Bpk, Reg.-nr. 1950/038385/06,
van Naspers-sentrum, Heerengracht, Kaapstad, Suid-Afrika;
c)
“Gebruiker” beteken enige persoon wat die Media24
Argief-webtuiste besoek, nieteenstaande die feit dat sodanige persoon slegs die
hoofblad van die Media24 Argief-webtuiste besoek het;
d)
Verwysings
hierin na die enkelvoudige sluit die meervoud in en omgekeerd;
e)
Nieteenstaande
die feit dat hiperskakels in hierdie bepalings en voorwaardes na
kopieregkennisgewings en wetgewing as
deel van hierdie bepalinge en voorwaardes geag moet word ingevolge Artikel 11
van die EKT-Wet, sal die die feit dat sommige of al hierdie hiperskakels nie in
werking mag wees nie, nie ’n rol speel in die bepaling van hierdie bepalings en
voorwaardes nie.
1.
ALGEMEEN
Media24 bedryf en onderhou die Media24 Argief bestaande uit ’n webgesteunde databasis van artikels uit die volgende bronne:
·
Die Burger: http://www.media24.com/eng/newspapers/dieburger.html;
·
Beeld:
http://www.media24.com/eng/newspapers/beeld.html;
·
Volksblad: http://www.media24.com/eng/newspapers/volksblad.html;
·
Rapport: http://www.media24.com/eng/newspapers/rapport.html;
·
City Press: http://www.media24.com/eng/newspapers/citypress.html;
·
Sunday Sun: http://www.media24.com/eng/newspapers/sundaysun.html;
·
Daily Sun: http://www.media24.com/eng/newspapers/dailysun.html;
en
·
Landbouweekblad: http://www.media24.com/eng/mags/landbou.html.
2.
TOEGELATE
GEBRUIK EN LISENSIE
2.1
Media24
lisensieer die Gebruiker om die inhoud van die Media24 Argief-webtuiste te besigtig, af te laai en uit te druk, mits
sodanige inhoud slegs vir persoonlike, opvoedkundige en/of nie-kommersiële
doeleindes gebruik word.
2.2
Artikels
op die Media24 Argief-webtuiste gestoor is ook onderhewig aan die lisensie en
bepalings van die artikel se regte-eienaars, en Gebruikers word aangemoedig om
dié lisensies en bepalings by die volgende liggings te besigtig:
2.2.1
Die Burger: http://www.news24.com/Images/Die_Burger/Images/gebruiks_button.gif;
2.2.2
Beeld:
[MOET VERSKAF WORD]
2.2.3
Volksblad: [MOET VERSKAF WORD]
2.2.4
Rapport: [MOET VERSKAF WORD]
2.2.5
City Press: [MOET VERSKAF WORD]
2.2.6
Sunday Sun: [MOET VERSKAF WORD]
2.2.7
Daily Sun: [MOET VERSKAF WORD]
2.2.8
Landbouweekblad: http://www.landbou.com/LandbouWeekblad/Components/Landbou_SpecialComponent/1,,,00.html?Type=Landbou_Disclaimer;
en
2.2.9
News24:
http://www.news24.com/News24v2/ContentDisplay/genericFrame/0,,disclaimer,00.html.
2.3
Inhoud van die
Media24 Argief-webtuiste sal nie deur Gebruikers vir enige kommersiële en
nie-private doeleindes gebruik of benut word sonder vooraf skriftelike
toestemming van Media24 nie.
2.4
Gebruikers mag
slegs vir wettige doeleindes toegang tot die Media 24 Argief-webtuiste verkry
en dit gebruik.
2.5
Die cachering
van die Media24 Argief-webtuiste sal slegs toegelaat word indien:
2.5.1
Die doel van
die cachering is om die toekomstige transmissie van die inhoud van die
Media24-Archief-webwerf meer doeltreffend te maak;
2.5.2
Die
gecacheerde inhoud nie enigsins gewysig word nie;
2.5.3
Die gecacheerde
inhoud minstens elke 12 (twaalf) uur bygewerk word;
2.5.4
Die
gecacheerde inhoud verwyder of bygewerk word wanneer Media24 dit vereis.
2.6
Indien enige
Gebruiker inhoud van die Media24-Archief-webtuiste gebruik in stryd met die
voorwaardes hierin uiteengesit:
2.6.1
behou Media24
die reg voor om skadevergoeding van die Gebruiker te eis;
2.6.2
behou Media24
die reg voor om ’n strafgeding teen die Gebruiker in te stel, en
2.6.3
sal Media24
geensins aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of verpligting wat ontstaan
het uit die gebruik van sodanige inhoud deur die Gebruiker of enige derde party
wat enige inhoud van die Gebruiker verkry het nie.
2.7
Hiperskakels
na die Media24 Argief-webtuiste vanaf enige ander bron sal na die hoofblad van
die Media24 Argief-webtuiste gerig word. Media24 sal hoegenaamd nie
aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of verpligting as gevolg van die
gebruik van inhoud wat deur ’n hiperskakel verkry
is wat nie na die hoofblad van die Media24 Argief-webtuiste gerig is nie.
Persone wat met inhoud buite die tuisblad van die Media24 Argief-webtuiste wil
skakel, doen dit op eie risiko en vrywaar Media24 teen enige verlies,
verpligting of skade wat mag ontstaan uit die gebruik van inhoud van die
Media24 Argief-webtuiste, indien toegang tot sodanige inhoud verkry is is deur
’n hiperskakel wat nie na die hoofblad van die
Media24 Argief-webtuiste gerig is nie.
Media24 se nie-aanspreeklikheid vir
diepskakeling is gegrond op die feit dat diepskakels hierdie bepalinge en
voorwaardes omseil.
2.8
Gebruikers mag
klein en redelike hoeveelhede inhoud van die beskikbare Media24
Argief-webtuiste aanhaal slegs indien
sodanige aanhaling in aanhalingstekens geplaas en erken word.
2.9
Geen persoon
mag die Media24 Argief-webtuiste enigsins omraam sonder die vooraf skriftelike
toestemming van Media24 nie.
2.10
Behalwe bona
fide soekenjinoperateurs en Gebruikers aan wie die soekfasiliteit op die
Media24 Argief-webtuiste verskaf is, mag geen persoon enige tegnologie of
toepassings gebruik of probeer gebruik (insluitende webkruipers of webspinnekoppe) om
inhoud van die Media24 Argief-webtuiste vir enige doel te soek of inhoud van
die Media24 Argief-webtuiste te kopieer, sonder die vooraf skriftelike
toestemming van Media24 nie.
2.11
Alle lisensies
en/of toestemmings ingevolge hierdie klousule 2 toegestaan, word op ’n nie-eksklusiewe en nie-oordraagbare
basis voorsien en mag te eniger tyd deur Media24 beëindig of gekanselleer word
sonder dat redes daarvoor verskaf word.
3. INTELLEkTUELE
EIENDDOMSREGTE EN DOMEINNAAMGEBRUIK
3.1 Alle
intellektuele eiendom op die Media24 Argief-webtuiste, insluitende maar nie
beperk tot, inhoud, handelsmerke, domeinname,
patente, ontwerpelemente, progammatuur, databasisse, teks, grafika, ikone en hiperskakels, is die eiendom van of gelisensieer aan
Media24 Argief en word as sodanig deur
binnelandse en internasionale wetgewing en verdrae teen oortreding
beskerm. Onderhewig aan die regte in klousule 2 aan die Gebruiker gelisensieer,
word alle ander regte op intellektuele eiendom op die Media24 Argief-webwerf uitdruklik
voorbehou.
3.2 “Media24”, Die Burger, Beeld,
Volksblad, Rapport, City Press, Sunday Sun, Daily
Sun en Landbouweekblad is geregistreerde handelsmerke en Gebrukers
kom ooreen om nie hierdie handelsmerke te gebruik as elemente van ’n domeinnaam of
subdomeinnaam nie, nieteenstaande die
feit dat sodanige domeinnaamgebruik of
-registrasie toegelaat mag word ingevolge handelsmerk- of grondwetlike reg. Op
versoek om dit te doen, sal ’n Gebruiker gebruik van sodanige domeinnaam onmiddellik staak en dit op Gebruiker se
koste na Media24 oorplaas.
4.
PROGRAMMATUUR
EN TOERUSTING
Dit is die
verantwoordelikheid van die Gebruiker om op eie onkoste die rekenaapparatuur,
-programmatuur, -lyne en -toegangrekeninge te bekom en te onderhou om tot die
internet en die Media24 Argief-webtuiste toegang te verkry en inhoud van
hierdie webtuiste af te laai.
5.
OPENBAARMAKING DEUR ARTIKEL 43 VAN DIE EKT-WET VEREIS
Toegang tot die
dienste, inhoud, programmatuur en inhoudafladings van die beskikbare Media24
argief-webtuiste word ingevolge die EKT-Wet as “elektroniese transaksies”
geklassifiseer en dus beskik Gebruikers
oor die regte in Hoofstuk 7 van die EKT-Wet uiteengesit en het Media24 die
verpligting om die volgende inigting openbaar te maak:
5.1
Die volle naam
en regstatus van die webtuiste-eienaar: Media24, Reg.-nr. 1950/038385/06, van Naspers-sentrum, Heerengracht, Kaapstad,
Suid-Afrika
5.2
Straatadres:
Naspers-sentrum, Heerengracht 40, Kaapstad 8000, Suid-Afrika
5.3
Posadres:
Posbus 2271, Kaapstad 8000, Suid-Afrika
5.4
Fisieke
adres vir ontvangs van geregtelike betekening: Naspers-sentrum, Heerengracht
40, Kaapstad 8000, Suid-Afrika
5.5
Hoofsake:
sien: http://www.media24.com/eng/eng_index.html
5.6
Die
webtuiste-adres van die Media24 Argief-webtuiste is: http://152.111.1.251/index.html
5.7
Die
amptelike posadres van die Media24 Argief-webtuiste is: argief@media24.com
5.8
Die
Handleiding uitgegee ingevolge Artikel 51 van die Wet op Promosie van Toegang
tot Inligting 2 van 2000 van die eienaar van die Media24 Argief-webwerf kan
afgelaai word by: http://www.naspers.com/docs/Manual_new_PAIA.doc
5.9
Bestuur: http://www.media24.com/eng/corporate/corporate_index.html
5.10
Die koste
verbonde aan die toegang tot en gebruik van die Media24 Argief-webtuiste is die
volgende: vrye toegang
5.11
Alternatiewe
dispuutresolusie: Onderhewig aan dringende en/of interimverligting betreffende:
5.11.1
toegang tot
die Media24 Argief-webtuiste
5.11.2
die onvermoë
om tot die Media24 Argief-webtuiste toegang te verkry
5.11.3
die dienste en
inhoud van die Media24 Argief-webtuiste beskikbaar; of
5.11.4
hierdie
bepalinge en voorwaardes
sal
vir arbitrasie verwys word ingevolge die bespoedigde reëls van die
Arbitrasie-Stigting van Suid-Afrika en sodanige arbitrasieverrigtinge sal in
Engels in Bellville plaasvind. Die arbitrasiebeslissing sal finaal wees en die
onsuksesvolle party sal die koste van die suksesvolle party betaal, op ’n skaal
as tussen prokureur en eie kliënt. Die bespoedigde reëls van die
Arbitrasie-Stigting van Suid-Afrika kan afgelaai word by die volgende webtuiste: http://www.media24.com/eng/corporate/corporate_index.html
5.12
Afkoeltydperk:
Ingevolge Artikel 42(1)(d) van die EKT-Wet is die afkoelvoorwaardes van die
EKT-Wet nie op hierdie webwerf van toepassing nie
5.13
Gebruikers
mag klagtes betreffende die Media24 Argief-webtuiste aanhangig maak by Media24
by argief@media24.com.
6.
VERANDERINGE
EN WYSIGINGS
Media24 behou
uitdruklik die reg voor, volgens sy enigste en onbeperkte diskresie, om te
eniger tyd sonder vooraf kennis enige van die volgende te doen:
6.1
hierdie
bepalings en voorwaardes te verander
6.2
die inhoud
en/of dienste van die Media24 Argief-webtuiste te verander
6.3
enige aspek
van die Media24 Argief-webtuiste te verander, en/of
6.4
die
programmatuur en apparatuur nodig vir toegang en gebruik van die Media24
Argief-webtuiste te verander.
7.
PRIVAATHEID
7.1
Media24 sal
alle redelike stappe doen om die persoonlike inligting van Gebruikers te
beskerm en vir die doel van hierdie klousule sal “persoonlike inligting”
omskryf word soos uiteengesit in die Wet op Bevordering van Toegang tot
Inligting 2 van 2000 (BTIW). Die BITW kan afgelaai word by: http://www.polity.org.za/html/govdocs/legislation/2000/act2.pdf
7.2
Media24 mag
die volgende persoonlike inligting van Gebruikers elektronies versamel, stoor
en gebruik:
7.2.1
naam en van
7.2.2
kontaknommers
7.2.3
niepersoonlike
soekgewoontes en klikpatrone
7.2.4
e-posadres; en
7.2.5
IP-adres
7.3
Media24
versamel, stoor en gebruik bogenoemde inligting vir die volgende doeleindes:
7.3.1
Kommunikeer
inligting op versoek aan die Gebruiker
7.3.2
Verskaf aan
die Gebruiker toegang tot beperkte bladsye op hierdie webwerf; en
7.3.3
Stel
niepersoonlike statistiese inligting saam oor soekgewoontes, klikpatrone en toegang tot
die Media24 Argief-webtuiste
7.4
Inligting
hierbo uiteengesit word óf elektronies versamel deur gebruik van koekies óf
word vrywilliglik deur die Gebruiker verskaf. Gebruikers kan koekiegebruik onafhanklik deur hul soekstellings bepaal
7.5
Media24 mag
enige inligting van Gebruikers versamel, onderhou, stoor, saamstel, deel, openbaar en verkoop, onderhewig aan die
volgende voorwaardes:
7.5.1
Media24 sal
nie persoonlike inligting van Gebruikers openbaar tensy die Gebruiker daartoe
instem nie
7.5.2
Media24 sal
inligting sonder die Gebruiker se toestemming slegs volgens die regsvorme
openbaar en
7.5.3
Media24 mag
enige inligting wat nie op enige spesifieke individu betrekking het nie,
saamstel, gebruik en deel
7.6
Media24 besit
en behou alle regte op niepersoonlike statistiese inligting deur Media24
versamel en saamgestel.
8.
HIPERSKAKELS
NA DERDEPARTY-WEBTUISTES
8.1
Media24 mag hiperskakels
verskaf na webtuistes nie deur Media24 Argief beheer nie (teikentuistes) en sodanige
skakels impliseer nie enige endossement van,
ooreenkoms oor of steun vir die inhoud van sodanige teikentuistes nie.
8.2 Media24 beheer nie redaksioneel die inhoud van sodanige teikentuistes nie en sal hoegenaamd nie aanspreeklik wees vir toegang tot, onvermoë tot toegang of inhoud beskikbaar op of deur sodanige teikentuistes nie.
9.
SEKURITEIT
9.1
Media24 sal
alle redelike stappe doen vir die versekering teen ongematigtigde toegang en/of
onthulling van die inhoud van die Media24 Argief-webtuiste en die inligting
verskaf deur en van Gebruikers versamel. Media24 lewer egter geen waarborge of
verteenwoordigings dat inhoud 100% veilig en verseker sal wees nie.
9.2
Media24 staan
onder geen geregtelike verpligting om enige inhoud of kommunikasies van en aan
die Media24 Argief-webtuiste te enkripteer nie
en staan ook onder geen geregtelike verpligting om digitale bekragtiging van
enige bladsy op die Media24 Argief-webtuiste te verskaf nie.
9.3
Gebruikers mag
nie enige skadelike kode, soos rekenaarvirusse, aan die Media24
Argief-webtuiste of die bediener en rekenaarnetwerk wat die Media24
Argief-webtuiste steun, oordra of laat oordra nie, hetsy doelbewus of deur
nalatigheid.
9.4
Nieteenstaande
geregtelike vervolging sal enige persoon wat enige skadelike kode aan die Media24
Argief-webtuiste oordra, hetsy doelbewus of deur nalatigheid, Media24 sonder
beperking vrywaar en Media24 skadeloos hou teen enige en alle aanspreeklikheid,
skade en verliese wat Media24 en sy vennote / filiale mag ly as gevolg van
sodanige skadelike kode.
9.5
Gebruikers mag
geen toestel ontwikkel, versprei of gebruik om die sekuriteitsmaatreëls van die
Produk te verbreek of te oorkom nie en Media24 behou hom die reg voor om
skadevergoeding te eis van enige en alle persone betrokke by ’n gebrek aan of
skending van sekerheid.
9.6
Enige
Gebruiker wat enige van die oortredings pleeg soos in Artikels 85 tot 88 van
die EKT-Wet uiteengesit, sal, nieteenstaande geregtelike vervolging,
aanspreeklik wees vir alle voortspruitende aanspreeklikheid, verlies of skade
gely deur Media24 en sy vennote / filiale.
10.
AFWYSING
EN INKORTING VAN AANSPREEKLIKHEID
10.1
Onderhewig aan
die voorwaardes van Artikels 43(5) en 43(6) van die EKT-Wet, indien van
toepassing, en in soverre deur die reg toegelaat, sal Media24 (insluitende sy
eienaars, werknemers, diensverskaffers, vennote, filiale en agente) nie
aanspreeklik wees nie vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige
aard veroorsaak deur wie ook al en voortspruitend uit:
10.1.1
toegang tot
die Media24 Argief-webtuiste
10.1.2
toegang tot
webtuistes gekoppel aan die Media24 Argief-webtuiste
10.1.3
onvermoë om
tot die Media24 Argief-webtuiste toegang te verkry